Grondwet van KCI

1. NAAM

Die naam van die klub sal wees “KIDS CLUB INTERNATIONAL” en daar sal kortliks na verwys
word as “die Klub”.

2. DOELWITTE

Die Klub is gestig om ‘n administratiewe en ondersteuningstelsel te voorsien, op welke manier
dit ook al nodig blyk te wees en met die steun van diens- en produkverskaffers of komiteelede,
ten einde lede in staat te stel om toegang te verkry tot en Klubvoordele en -dienste te geniet soos
in die aansoekvorm om lidmaatskap uiteengesit sodra 10 000 of meer lede hulle by die Klub
aangesluit het. Die Klub en sy komitee sal ook sy lede op welke wyse ook al
verteenwoordig en namens hulle onderhandel om beter voordele vir lede te beding. ‘n Maandelikse
lidmaatskapsfooi is deur elke klublid betaalbaar. Die Klub sal ook bedryf word as ‘n vereniging
sonder winsbejag.

3. MAGTE

3.1 Om ingesamelde fondse aan te wend vir die bevordering van die Klub se doelwitte.
3.2 Vir die betaling of borgskap van enige diens wat noodsaaklik geag word vir die bereiking van
die gestelde doelwitte.
3.3 Om in die algemeen alles te doen wat nodig is om uitvoering aan die doelwitte te gee.
3.4 Om ‘n tjek- of spaarrekening by ‘n bank te open, te sluit of te bedryf.
3.5 Om fondse in te samel of ruilooreenkomste te beding ter bevordering van die Klub se
oogmerke.
3.6 Die Klub is nie by magte om krediet te verkry, geld te leen of ‘n verbintenis tot enige
finansiële las aan te gaan nie.
3.7 Om in sy eie naam te eis of hom teen eise te verweer.

4. KOMITEE

4.1 Die sake van die klub sal hanteer word deur ‘n komitee van nasionale (4 verteenwoordigers) en
gebiedslede (2 verteenwoordigers), wat bestaan uit ‘n voorsitter, ondervoorsitter, sekretaris,
eretesourier en twee ander lede, wat almal op ‘n algemene jaarvergadering aangewys sal word
wat een keer per jaar plaasvind.
4.2 Alle lede van die komitee sal jaarliks uittree, maar mag hulle vir herverkiesing beskikbaar stel.
4.3 Die komitee sal so dikwels as wat nodig is byeenkom om sake af te handel.
4.4 Die komitee sal die volgende magte hê:
4.4.1 Om voltydse en/of deeltydse opsieners/personeel/lede aan te stel wat sal toesien dat
alle administrasie, dienste en/of bemarkingstake uitgevoer word om die gesonde bedryf
van die Klub te verseker asook die verskaffing van voordele aan lede;
4.4.2 Om permanente of semipermanente lede lede op die komitee te koöpteer vir enige
spesiale projekte of take wat nodig mag wees.
4.5 Vertroulikheid sal te alle tye gehandhaaf word m.b.t. die komitee se handeling met
lede.

5. FINANSIES

Die Klub se finansiële jaar sal op die eerste dag van Julie elke jaar begin en eindig op die laaste
dag van Junie in die daaropvolgende jaar. Die komitee sal die maandelikse ledegeld namens
diens- en produkverskaffers invorder.

6. ERE-OUDITEUR

Die ouditeur sal ‘n staat van inkomste en uitgawes asook ‘n balansstaat aan die einde van elke
finansiële jaar voorberei en dit sertifiseer vir voorlegging aan die algemene jaarvergadering.

7. LIDMAATSKAP

Gewone lidmaatskap is beskikbaar vir alle kinders in Suid-Afrika tussen 6 en 13 jaar, terwyl
Gebiedslidmaatskap beskikbaar is vir volwassenes. Die komitee sal van tyd tot tyd die raadsaamheid
daarvan bepaal om ander mense by lidmaatskap te betrek.

8. KWORUM

10% van die nasionale en gebiedslede sal ‘n kworum vir enige algemene vergadering vorm, en
vir die komitee sal 3 van sy lede ‘n kworum uitmaak.