
|
||
Kinders kraai van opwinding! |
||
|
Wanneer kinders rêrig opgewonde raak, wéét mens sommer daar’s iets in die lug! Laerskoolkinders in Suid-Afrika kraai tans van pure opwinding oor die nuus dat hulle so pas hulle eie klub met fantastiese voordele en tonne waarde gekry het. “Sluit aan… wees deel… en geniet” is die slagspreuk van Kids Club International. Kids Club International is ‘n Suid-Afrikaans gebaseerde pretklub vir laerskoolkinders, propvol opwindende geleenthede en fantastiese voordele. Van die voordele sluit in agt byderwetse geskenke per jaar, vier tydskrifte per jaar, weeklikse R1000-prystrekkings, ‘n debietkaart, boekeklub, uitsaai- en modelagentskap, vakansie en toer pakette vir kinders en ouers plus kortings en koopbewyse van bekende winkels en sakeondernemings – en dit alles vir slegs R38 per maand. Skole vind egter ook groot baat deurdat hulle ‘n deurlopende maandelikse inkomste uit Kids Club International verdien. Dit help sommer baie om die tamaai druk op skole om fondse in te samel, te verlig. Die voordele en struktuur van hierdie pasgemaakte klub vir kinders is bepaal ná maande van navorsing oor hoe so ‘n klub nou eintlik moet lyk. Die eenvoud en bekostigbaarheid daarvan maak dit moontlik vir die meeste van die byna 3,5 miljoen kinders van graad R tot graad 7 om by die klub te kan aansluit. Die lidmaatskapgeld beloop net R38 per maand en word per debietorder betaal. Byna 200 skole in Gauteng het reeds agente wat Kids Club International in die loop van die volgende paar weke aan kinders en ouers bekend gaan stel, en die getalle groei daagliks. Kids Club word tans ook aan die kinders en ouers van die Wes-Kaap en Limpopo Provinsie bekend gestel. Die res van die land gaan binnekort ook bekend gestel word aan die wêreld van Kids Club International. So, waarvoor wag jy? Sluit aan… wees deel… en geniet… ál die voordele en geleenthede wat Kids Club International aan jou bied! Uitgereik deur: Kids Club International |
||